Explaining zero rated VAT
January 9, 2017
Show all

Die doel van die voorgeskrewe betalingsreëls is om te verseker dat betalings aan die SAID aan die korrekte belastingrekening van die belastingbetaler toegeken word. As hierdie betalingsreëls nie nagekom word nie, sal die SAID die betaling weier. Hierdie artikel verduidelik die verskillende beskikbare betalingsopsies asook sommige van die algemene SAID-betalingsreëls.

Betalingsopsies

Die volgende betalingsopsies is beskikbaar vir betalings aan die SAID vanuit Suid-Afrika:

  • Elektroniese betaling via SAID eFiling
  • Elektroniese fondsoorplasing (EFO) deur die belastingbetaler se internet bankdienste
  • By ‘n SAID-tak
  • Oor-die-toonbank deposito by ‘n bank

Betalings vanaf Suid-Afrika se buurlande (Namibië, Botswana, Lesotho en Swaziland) kan via EFO gemaak word deur die belastingbetaler se internet bankdienste.

Enige ander betalings van buite Suid-Afrika, uitgesluit die buurlande in die vorige paragraaf, kan gemaak word met gebruik van die SWIFT-betalingsmetode.

Elektroniese betaling via SAID eFiling

Wanneer ‘n betaling deur eFiling gemaak word, word ‘n betalingsverwysingsnommer (Engels: “payment reference number” of PRN) outomaties geskep, wat die betaling aan die relevante belastingopgawe sal koppel.

‘n Kredietbetalingsversoek word deur die belastingbetaler geïnisieer via eFiling. Die SAID stuur dan ‘n betalingsversoek aan die belastingbetaler se bank. Die betaling moet nou eers deur die belastingbetaler via sy/haar internet bankdienste goedgekeur word voordat die bank die fondse na die SAID sal oorplaas.

Dit is belangrik dat belastingbetalers moet verseker dat die belastingopgawe wat hulle indien die korrekte verklaring van verskuldigde belasting bevat voordat ‘n kredietbetalingsversoek geïnisieer word, aangesien ‘n kredietbetalingsversoek nie omgekeer kan word nadat die belastingbetaler dit via sy/haar internet bankdienste goedgekeur het nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *