Die hersiene Wysigings Wetsontwerp op Belastingwette is beskikbaar vir kommentaar.
Die nuwe voorgestelde artikel 7C se impak op trusts verskil van ons vorige skrywe.
Die netto resultaat is dat die verskil tussen die rente gehef op ‘n lening aan ‘n trust en die amptelike markverwante koers (8%) belas word as ‘n skenking in die hande van die persoon wat die lening toegestaan het.
Daar word sekere vrystellings gemeld in die hersiene wetsontwerp; onder andere:
Dit blyk dat artikel 7C nie van toepassing sal wees op distribusies uit ‘n trust wat op leningsrekening ten gunste van die begunstigde gekrediteer word en in die diskresie van die trustees terugbetaalbaar is nie.
Die vorige wetsontwerp het bepaal dat die R100 000 belastingvrye skenking per jaar nie op sodanige lenings toegepas kon word nie, maar hierdie beperking is nou weggelaat.
Die wetgewing sal ‘n aanvang neem vanaf 1 Maart 2017 en van toepassing wees op alle bestaande sowel as nuwe lenings.
Voorbeeld:
Op 23 September 2016 is die trust aan Mnr X ‘n bedrag van R5 000 000 verskuldig. Die trust hef 3% rente.
Die skenking is: R5 000 000 x 8% = R400 000
Min R5 000 000 x 3% = R150 000
R250 000
Min: jaarlikse vrystelling R100 000
R150 000
Skenkingsbelasting @ 20% R 30 000
Hierdie konsep wetgewing is nog oop vir kommentaar en daar mag nog verdere wysigings voorkom alvorens dit gepromulgeer word.
Vriendelike groete
Hennes Louw
hjl@voogdy.co.za
Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou finansiële adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)