Ons Firma
 

Ons Firma


FODB Ing is ‘n gevestigde firma van geoktrooieerde rekenmeesters en geregistreerde ouditeure met kantore in Ceres, Moorreesburg en Malmesbury.

Die firma het in 2008 ontstaan toe die aanvanklike drie direkteure, Christie Fourie, Rudiger Oberg en Jannie de Bruyn, die Ceres- en Moorreesburgkantore van PricewaterhouseCoopers (PwC) oorgeneem het.

Ons direkteure is Christie Fourie, Rudiger Oberg, Jannie de Bruyn, Charl Bezuidenhout en Coenie Koch as assosiaat direkteur. Hulle word bygestaan deur ongeveer 70 ander personeellede.

'n Kultuur van deurlopende opleiding en professionele ontwikkeling verseker dat ons personeel toegerus word met die nodige kundigheid om tydige dienste van hoë gehalte aan ons kliënte te lewer.

Ons visie is dat FODB die nommer een besigheidsvennoot vir landbou-, familie- en verwante ondernemings sal wees.